Brief van ‘n vriend aan ‘n vriend

Geskryf deur Neil van der Walt

Ek is geensins ‘n kundige op die veld nie, maar hier is ñ paar goed wat ek na gekyk het en besig is om te studeer.

  1. Voedingswaarde: Oor die algemeen eet ons te min groente & vrugte. Ek weet daars baie chemikalieë en plaagdoders wat daar op is, maar so mens moet maar probeer om dit by vars organiese markte te koop. Dis egter makliker gesê as gedoen. So my voorstel is sny ñ gedeelte van jou dag se vleis uit en vervang dit met groente & vrugte. Ek stel voor jy probeer hierdie dokumentêr kyk: “Food Matters” http://www.imdb.com/title/tt1528734/. Daarin praat hulle baie oor bogenoemde en dit sluit aan by my volgende punt.
  2. “Superfoods” en aanvullings: Daar is sekere vrugte/groente/bessies/neute wat buitensporig gelaai is met voedingswaarde (alles wat mens nodig het). Byvoorbeeld bloubessies (vir “smoothies”), chai sade, goji berries, kale, en nog vele meer. Hierdie goed is nie net geneesend nie, maar gee ñ mens meer energie en verkom goed soos kanker, diabetes en hartvatsiektes. Gaan lees gerus oor dit, ek gooi elke dag van dit oor my kos en in my “smoothies”. Hulle praat ook oor aanvullings, maar my kennis van dit is nog baie beperk. Ook ñ ding wat hulle noem in bogenoemde dokumentêr is gekookte kos vs rou kos. Wanneer groente gekook word verloor dit baie van sy voedingswaarde, dus beter (en heelwat moeilker om te doen) is om dit rou te eet. Ek probeer dit nog doen, maar sukkel my gat af. Ek gooi maar ‘n wortel in my sak vir by die werk, maar kort nog iets wat ek so rou kan eet. Ek oorweeg om ñ “juicer” te koop na ek hierdie twee flieks gekyk het. Ek raai julle sterk aan om dit te kyk, dis mal hoe baie ñ primêre oorweegend plant gebasseerde dieet mens se lewe kan verander, loer die flieks: “Fat, Sick & Nearly Dead 1 en 2” http://www.fatsickandnearlydead.com/ .
  3. Vrugte: Hulle sê nie verniet “an apple a day keeps the doctor away nie”, baie mense sê mens kan net een vrug per dag eet. In my opinie is dit ń bol tjol. Eet eerder meer vrugte as wat jy teen 3nm wanneer jou oë wil toe val ‘n appel i.p.v. ‘n pie of ñ muffin eet. Ook vrugte bevat “goeie” suiker en as jy op ander gebiede jou “slegte” suiker sny, hoe kan dit ñ probleem wees? Ek gooi elke dag ń piesang of twee, ń appel en ñ lemoen of twee in my sak, dan wanneer ek daardie dip in my bloedsuiker kry en iets smag om te eet, is my vrug daar, mooi verpak in sy eie skil en maklik om te eet (ek’s ñ baie lui mens en haat moeite, vrugte werk vir my want hulle is maklik).
  4. Neute: Baie duur, maar baie goed en maklik om te eet. Ek pak elke dag vir my ñ pakkie in werk toe.
  5. Tee & koffie: Ek drink te min tee, maar die gesondheids voordele van tee (veral groen en rooibos tee) is mal, loer hierna: http://www.vegkitchen.com/nutrition/9-proven-health-benefits-of-rooibos-tea/ . Die sjinese by wie ek Tai Chi gedoen het jare terug het altyd net tee gedrink. Een dag vra ek hulle hoe gereeld word hulle siek. Toe sê sy vir my hul kinders was nog nooit by ñ westerse dokter nie, behalwe die een keer toe die een sy arm gebreek het en hy gips gekort het. Hulle word amper nooit siek nie, mag dalk die tee wees, mag dalk die tai chi wees, ek weet nie. Op die koffie ding, julle drink alreeds nie suiker in jul koffie nie wat uitstekend is. Ek’t intussen ń koffie snob geword en drink amper net filter koffie en ook sonder melk. Die melk gee ñ ander geur aan die koffie, en wanneer mens in die koffie ding in raak, besig dit die smaak alter. Miskien is dit net ek, ek weet nie. Ook melk is blykbaar volgens Danielle baie sleg vir ñ mens, ek’t nog self nie baie navorsing gedoen nie, maar ek vertrou haar op dit, sy’s altyd twee stappe voor my op hierdie terrein.
  6. Oefening: Ek glo vas mens moet elke dag ten minste 20min se oefening doen, dit help met stres, laat mens meer water drink, lekkerder slaap en gee mens energie. Dit hoef nie mal “cardio” of “gym met weights te wees nie”, dit kan net om die blok gaan stap wees vir 20min ten minste. En 20min vlieg verby so vinnig, dis hoe lank ñ algemene mens stort byvoorbeeld. Ek gaan stap met my hond, dit werk vir ons altwee.
  7. YouTube channel: Ek kyk elke dag na hierdie mal ou. Hy is bietjie TE gelukkig oor alles, maar sy advies is goed: https://www.youtube.com/user/fitlifetv/featured .

Dis al van my vir nou, loer maar na die skakels hierbo. Ek leer ook nog so as julle goed het om te deel, stuur aan asb.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s